Graad 12 Wiskunde Studiegids

In plaas van ‘Ag nee, net nie Wiskunde nie!’, gee The Answer Series-studiegidse jou die nodige selfvertroue om hierdie uitdagende vak met geesdrif aan te pak. Graad 12 Wiskunde ondersoek diep vlakke van wiskundige denke en bewysvoering. Dit bied ‘n unieke metode van ‘vraag-en-antwoord’ om leerders omvattend te lei – vanaf die grondbeginsels tot die hoër vlakke van denke in elke onderwerp, een op ’n slag. Uiteindelik word bedrewenheid en selfvertroue verkry deur die afdeling wat in hierdie studiegids vir Vlak 3- en 4-vrae toegewys is. Ons Wiskunde-reeks vir Graad 12 het verskillende studiegidse wat vir die spesifieke behoeftes van leerders en onderwysers voorsiening maak: Graad 12 Wiskunde 2-in-1 (Uitgebrei om Uitdagende Vrae in te sluit), Graad 12 Wiskunde Vraestelle & Antwoorde en Varsity Maths Prep.

Shop online for Graad 12 Wiskunde Studiegids: