![](https://www.theanswer.co.za/wp-content/uploads/2020/07/banner4.jpg)
Graad 8 EBW Studiegids
Ekonomiese Bestuurswetenskappe kan intimiderend wees – van die lang naam tot die inhoud van hierdie vak. The Answer Series maak dit egter maklik en toeganklik. Die Graad 8 Ekonomiese Bestuurswetenskappe 3-in-1 studiegids bied die inhoud in kleiner, duidelik afgebakende onderwerpe aan. Dit bevat verduidelikende notas in kolpuntformaat, voorbeelde en aktiwiteite met volledige antwoorde, ’n eksamenvraestel en ’n templaatboek.