Description
Hierdie Graad 12 Wiskunde 2-in-1 Toets- & Eksamenvoorbereidingsgids is ‘n TOPVERKOPER en die perfekte hulpmiddel om Wiskunde onderwerp vir onderwerp te bemeester met sy unieke metode wat jou stap-vir-stap deur ’n reeks haalbare vrae en antwoorde lei, wat dan voortdurende terugvoer en groei moontlik maak totdat die volledige matriekwiskundekursus uiteindelik bemeester word.
Hierdie studiegids het TWEE verskillende afdelings:
> ONDERWERPGEBASEERDE gegradeerde vrae en antwoorde – om in elke onderwerp ‘n
stap-vir-stap, deeglike begrip van teorie, tegnieke en konsepte te ontwikkel.
> 14 EKSAMENVRAESTELLE met gedetailleerde antwoorde, saamgestel uit vorige
Nasionale en IEB-eksamens, PLUS ‘n NUWE UITBREIDING-afdeling, bestaande uit uitdagende vrae en memo’s vir Vraestel 1 en Vraestel 2. Hierdie is hoërorde vrae, wat oor die onlangse jare in verslae geïdentifiseer is, wat diep wiskundige denke vereis en aanmoedig.
Sleutelkenmerke
- Kritieke VOORKENNIS (Graad 10 & 11) ingesluit
- GEDETAILLEERDE ANTWOORDE word vir ALLE vrae verskaf
- Stap-vir-stap, metodiese KONSEPTUELE ONTWIKKELING en leiding ten opsigte van REDENERING en STRATEGIE
- Handige STUDIENOTAS en ADVIESBOKSIES
- BYLAES – noodsaaklike konteksgedeeltes vir Differensiaalrekene, Meetkunde, Trigonometrie, ens.
- Omvattende dekking van ALLE KOGNITIEWE VLAKKE
- Geskik vir beide KABV- en IEB-kandidate
Hierdie topverkoper bied vir KABV- en IEB-matrikulante uitstekende voorbereiding regdeur die jaar en was al suksesvol daarin om vele leerders se kritiese denkvaardighede in hierdie belangrike vak te verbeter en hul bo hul verwagtinge te laat presteer.





Reviews
There are no reviews yet.