The Answer Series Graad 7 WISKUNDE 3in1 CAPS Leerders Books (Studiegids)

R279.00

Hierdie Graad 7 Wiskunde 3-in-1 Klasteks & Studiegids is omvattend en leerdervriendelik.  Hierdie toeganklike en boeiende klasteks en studiegids lê ‘n stewige grondslag vir Senior Fase Wiskunde, en rus leerders toe met die vaardighede en selfvertroue wat hulle nodig het om in die hoërskool sukses te behaal. Dit stel sleutelkonsepte duidelik en stelselmatig bekend, terwyl dit ook teruggaan na gedeeltes van vroeëre fases waaroor daar onsekerheid was om te verseker dat geen leerder agterbly nie.

SKU: 978-1-991261-54-0 Categories: ,

Description

Hierdie Graad 7 Wiskunde 3-in-1 Klasteks & Studiegids lê sterk klem op konsepontwikkeling en diepgaande begrip oor al vyf KABV-modules heen, wat leerders in staat stel om noodsaaklike en basiese wiskundige vaardighede te bemeester.

 Sleutelkenmerke

  • Ryk, toeganklike VERDUIDELIKINGS en ONDERRIGWENKE
  • Deurlopende VERSTERKING VAN KONSEPTE regdeur alle onderwerpe
  • KABV-gerigte EKSAMENVRAESTELLE met gedetailleerde memo’s
  • ‘LET WEL’-boksies om belangrike insigte uit te lig
  • OPSOMMINGS, ONTHOU-BOKSIES, en WENKE
  • Prettige en boeiende elemente soos ONDERSOEKE, VINNIGE FEITE, UITDAGINGS en BLOKKIESRAAISELS
  • Volledig oplossings in ‘n aparte ANTWOORDBOEK, met leiding waar nodig

 Hierdie publikasie het die volgende ten doel:

  • Verseker dat basiese kennis en vaardighede volgens die Senior Fase-kurrikulum bemeester word
  • Fokus op kritieke konsepte wat die jaar wat voorlê, ondersteun
  • Versterk tipiese probleemareas
  • Moedig begrip bo blote memorisering aan
  • Berei leerders voor om hoërskool-Wiskunde met duidelikheid en selfvertroue tegemoet te gaan

Elke module bied:

  • Duidelike, kurrikulumgerigte NOTAS
  • Stap-vir-stap UITGEWERKTE VOORBEELDE
  • ‘n Wye verskeidenheid GEGRADEERDE OEFENINGE vir voortdurende inoefening
  • Geïntegreerde PROBLEEMOPLOSSINGSAKTIWITEITE

Hierdie maklik-om-te-gebruik klaskamer- en studiehulp stel leerders in staat om self in beheer te wees van hul Wiskunde-leerreis terwyl hulle nuuskierigheid geprikkel en selfvertroue gebou word in ‘n vak wat beide noodsaaklik en veeleisend is.

Vir onderwysers is dit ‘n volledige ondersteuningshulpmiddel in die klaskamer.

Vir leerders is dit die beste moontlike wegspringplek vir hoërskool-Wiskunde.

Additional information

ISBN

9781991261441

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “The Answer Series Graad 7 WISKUNDE 3in1 CAPS Leerders Books (Studiegids)”

Your email address will not be published. Required fields are marked *