Description
”
Hierdie Graad 12 Wiskunde 2in1 studiegids is ‘n topverkoper. Dit bied ‘n unieke metode om die hele kursus in Matriekwiskunde te bemeester deur jou trappie-vir-trappie teen ‘n trapleer van bereikbare vrae en antwoorde, wat deurentyd vir terugvoer en groei voorsiening maak, uit te lei.
Hierdie studiegids het TWEE duidelike afdelings:
- ONDERWERPGEBASEERDE gegradeerde vrae en oplossings – om ‘n stapsgewyse deeglike begrip van teorie, tegnieke en konsepte in elke onderwerp te ontwikkel
- 14 EKSAMENVRAESTELLE met volledige oplossings, saamgestel uit vorige Nasionale en IEB-eksamens
PLUS, ‘n ‘NUWE UITBREIDING’-afdeling, wat bestaan uit uitdagende vrae en memo’s vir Vraestel 1 en Vraestel 2. Hierdie is hoër-orde vrae, geïdentifiseer uit verslae oor die afgelope jare, wat diep wiskundige denke vereis en bevorder.
Sleutelkenmerke:
- Kritieke voorkennis (Gr. 10 & 11) ingesluit
- Gedetailleerde oplossings vir ALLE vrae
- Stapsgewyse, metodiese konseptuele ontwikkeling en leiding in bewysvoering en strategie
- Nuttige studienotas en adviesraampies
- Bylaes, noodsaaklike konteksgedeeltes vir Differensiaalrekene, Meetkunde, Trigonometrie, ens.
- Uitgebreide dekking van alle kognitiewe vlakke
- Van toepassing vir beide KABV- en IEB-kandidate
Hierdie topverkoper bied uitstekende voorbereiding vir KABV- en IEB-matrikulante regdeur die jaar en daar is al gesien hoe baie leerders hul kritieke denkvaardighede in hierdie sleutelvak verbeter en bo hul verwagtinge presteer.
“
Reviews
There are no reviews yet.