Description
Hierdie Graad 9 Wiskunde 2-in-1 Toets- & Eksamenvoorbereiding Studiegids bied noukeurig uitgesoekte oefeninge, gedetailleerde oplossings en deurlopende leiding wat jou sal help om deeglik deur die Graad 9 KABV-kurrikulum te werk.
Die oefeninge is volgens moeilikheidsgraad gegradeer, wat jou in hanteerbare stappe vanaf die grondbeginsels regdeur tot by gevorderde werk neem. Volledige oplossings word verskaf, insluitend details en beredenering, wat jou toelaat om jou eie werk na te sien en te verbeter soos jy aangaan.
Sleutelkenmerke
- OMVATTENDE VOORBEELDE en STUDIEWENKE vir elke onderwerp
- Gedetailleerde OPLOSSINGS vir alle oefeninge
- EKSAMENVRAESTELLE met GEDETAILLEERDE MEMO’S – om die teorie en die praktyk bymekaar te bring en konsepte in ‘n eksamenformaat te versterk.
Hierdie 2-in-1 publikasie sluit in:
* Onderwerpgebaseerde, gegradeerde vrae en volledige antwoorde om ‘n stap-vir-stap, deeglike begrip van teorie, tegnieke en konsepte in elke onderwerp te ontwikkel.
* Eksamenvraestelle met volledige, gedetailleerde oplossings.
Ongeag jou vlak van selfvertroue in hierdie uitdagende vak, kan hierdie studiegids dit vir jou moontlik maak om bo verwagting te presteer, terwyl dit jou terselfdertyd deeglik voorberei vir die oorgang na VOO-Wiskunde.





Reviews
There are no reviews yet.