Dit is uiteindelik jou laaste skooljaar. Dit is nou wanneer jou toekomsdeure oopgaan. Natuurlik is jy, net soos elke Graad 12-leerder voor jou, op jou senuwees. Selfs soms verskriklik op jou senuwees. Hoe gouer jy jou hulpmiddels vir hierdie uitdaging kies en aan die werk spring, hoe beter. Die ding met senuwees is dat hulle ook jou vriend is. Dit is hulle wat jou laat regop sit en die uitdaging in die gesig staar. Dit is wanneer jy hulle kans gee om oor te neem dat hulle 'n probleem raak. As jy The Answer Series as jou werksmaat kies, is die stryd half gewonne. Die res hang van jou af.